# Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika het ʼn ondersoek begin na bewerings dat Elon Musk se Starlink-internet-satellietdiens onwettig in die land bedryf word. Die regering het verslapte regulasies oor swartbemagtiging vir satelietdiensmaatskappye se lisensievereistes in die Staatskoerant gepubliseer. Die voorgestelde beleidsriglyn baan die weg vir Starlink om in die land bedryf te word. Okasa-voorsitter, Mothibi […]
# Absa has lowered its 2025 growth forecast for the South African economy by half and predicts two more rate cuts for later this year. The bank says it expects the economy to expand by only one-percent this year, down from a previous estimate of 2.1-percent. It also predicts the South African Reserve Bank will […]
#’n Nuwe verslag van die Wêreld Weerkunde-organisasie waarsku temperature gaan wêreldwyd waarskynlik aanhou styg, met ‘n 80-persent kans dat ten minste een jaar tussen nou en 2029 nog warmer gaan wees. Die organisasie voorspel dat die gemiddelde verwarming vir 2015 tot 2034 sowat 1,44 grade Celsius meer sal wees as voor nywerheidsvlakke. Daar bestaan ‘n […]
# Tennis: Die eerste-gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring met haar oorwinning oor Jil Teichmann van Switserland. Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, het die Brit Emma Raducanu maklik geklop, terwyl verlede jaar se naaswenner, Jasmine Paolini van Italië, die Australiër Ajla Tomljanovic verslaan het. […]
# Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, sê die stand van finansiële en prestasiebestuur-dissiplines in plaaslike regering laat veel te wense oor. Plaaslike regering het die afgelope drie jaar 17,6-miljard-rand verloor weens vrugtelose en verkwistende besteding. Die ouditeur-generaal het bevind slegs 41 uit 257 rade het in die 2023/2024-boekjaar ʼn skoon oudit ontvang. Maluleki het aan die […]
# Die Amerikaanse Internasionale Handelshof het bevind president Donald Trump het sy gesag oorskry deur omvattende, globale tariewe op invoere in te stel. Die paneel van drie regters in New York sê die Wet op Internasionale Ekonomiese Nood-magte van 1977 wat Trump aanhaal om die tariewe te regverdig, gee hom nie mag om dit in […]
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, is teleurgesteld met hulle vertoning teen Botswana in hul eerste wedstryd van die drienasies-reeks op die Lucas Moripe-stadion in Pretoria. Jermaine Seoposenwe se twee doele en Adrielle Mibe se een het Suid-Afrika gehelp om 3-2 te wen. Banyana Banyana kom Dinsdag op dieselfde stadion teen Zambië te […]
# Arabella Stanton, Dominic McLaughlin en Alastair Stout gaan die rolle van Hermione, Harry en Ron vertolk in HBO se komende Harry Potter TV-reeks. Meer as 30-duisend akteurs het sedert verlede jaar oudisies afgelê. Die drie sluit aan by ʼn rolverdeling wat akteurs soos John Lithgow as Hogwarts-hoof Albus Dumbledore, en Janet McTeer as Minerva […]
# Texas se goewerneur, Greg Abbott het ‘n wetsontwerp oor aanlyn kinderveiligheid onderteken. Dit vereis dat Apple en Google gebruikers se ouderdomme nagaan en ouers se goedkeuring kry voordat minderjariges toepassings mag aflaai of aankope in toepassings doen. Abbott sê die nuwe wet sal die Amerikaanse staat in staat stel om ouers meer beheer te […]