# African Congress for Transformation se leier, Ace Magashule, het die ANC se opsystaanreël gekritiseer. Hy sê die party moes die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gevra het om opsy te staan uit sy rolle in die ANC en die Parlement. Die minister is op spesiale verlof geplaas nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, hom […]
# Tennis: Kanada het die gasheerland, Italië, in Bari met 2-1 verslaan om die Hopman-beker die eerste keer ooit te wen. Bianca Andreescu het Kanada ʼn voorsprong gegee toe sy Lucia Bronzetti geklop het. Die gashere het teruggeveg en Flavio Cobolli wat Wimbledon se kwarteindronde gehaal het, het Félix Auger-Aliassime in drie stelle verslaan. In die […]
# Die Stad Kaapstad sê Opera In Jou Buurt neem die ervaring van opera uit die tradisionele teaterruimte en maak dit vir gehore toeganklik n hulle eie omgewing. Die metro se Departement vir Gemeenskap, Kuns en Kultuur en die Kaapstadse Operakoor het die afgelope twee maande vier konserte gehou. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, […]
# Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, het ‘n ondersoek van stapel gestuur na wat hy beskryf as Brasilië se onbillike handelspraktyke. Dit volg ‘n week na president Donald Trump gedreig het met ‘n tarief van 50-persent op invoere van Latyns-Amerika se grootste ekonomie. Die ondersoek sal fokus op digitale handel en elektroniese betalingsdienste, voorkeurtariewe en […]
# Rugby: Die Franse kaptein, Antoine Dupont, sê hy sal ná sy land se toetse in November weer in aksie wees. Die 28-jarige skrumskakel het ‘n ernstige knie-besering opgedoen in die Sesnasies-toets teen Ierland op 8 Maart. Dit beteken hy sal die toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Australië misloop. Dupont sê hy wil nie oorhaastig […]
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Ierland en Leinster se vaskopstut, Tom Clarkson, as ekstra voorspeler opgeroep vir Saterdag se eerste toets teen Australië. Die 25-jarige speler se teenwoordigheid verhoog die Ierse deel van die toergroep tot 18. Clarkson se Ierse spanmaat, die veelsydige agterspeler Jamie Osborne, het reeds in Brisbane by die […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê die proses om ‘n nuwe befondsingsmodel vir die SABC te ontwikkel is aan die gang. Die regering het 704-miljoen-rand oor drie jaar aan die openbare uitsaaier toegeken, insluitend 43-miljoen vir inhoud, 464-miljoen vir sy mandaat en 197-miljoen-rand vir Channel Africa. Die minister het aan […]
# City Power sal dié week elektrisiteitsmeter-oudits in verskeie dele van Johannesburg uitvoer. Die veldtog begin vandag in die Randburg-diensleweringsentrum se voorsieningsgebied en duur tot 18 Augustus. Die optrede wil die akkuraatheid van fakture en operasionele doeltreffendheid verbeter. Kliënte met meters wat foutief of aan gepeuter is kan afsluiting en boetes van meer as 14-duisend-rand […]
# TLU SA se Noord-Kaapse tak het alarm gemaak oor die Vioolsdrif-grenspos wat vir meer as ‘n maand sonder water bedryf word. Die voorsitter van TLU SA Noord-Kaap, Jan Palm, sê ondanks daaglikse aktiwiteite deur grensbeamptes, is daar geen water vir die personeel of die omliggende gebied nie. Palm sê die belangrikste handels- en toerismepoort […]