# Rugby: Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, verwag dat Argentinië vandag op Twickenham hard gaan terugveg tenspyte van verlede week se vernederende pakslae van 67-30. Die Springbokke hoop op ‘n tweede agtereenvolgende Rugbykampioenskapkroon. Die agtereenvolgende Wêreldbekerkampioene is met ’n enkele punt voor op die punteleer met die sesde en finale ronde van die suidelike-halfrond kampioenskap. Die […]
# Tennis: Novak Djokovic sê hy moes alles uithaal om ‘n moeilike eerste stel te wen en sy mede-veteraan Marin Cilic met 7-6, 6-4 te klop. Hy os daarmee deur na die derde ronde van die Sjanghai-meesters. Die 38-jarige Serwiër mik na ‘n rekord- vyfde titel in Sjanghai, waar hy luid toegejuig is deur ‘n […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ‘n span van vyf ervare ondersoekbeamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens na Frankryk ontplooi ná die skielike dood van die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Hy is Dinsdag dood aangetref in die Hyatt Hotel en owerhede vermoed selfdood. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê die […]
# Tennis: Jessica Pegula het teruggeveg om mede-Amerikaner Emma Navarro 6-7, 6-2, 6-1 te klop vir ‘n afspraak met Linda Noskova in die halfeindronde van die China Ope in Beijing. As sy die 26ste gekeurde Noskova kan verslaan, waarborg dit ‘n Amerikaanse eindstryd teen die verdedigende kampioen, Coco Gauff, of Amanda Anisimova. Daar was nog […]
# Sokker: Jude Bellingham is ‘n noemenswaardige weglating uit Thomas Tuchel se Engeland-groep vir dié maand se wedstryde teen Wallis en Letland. Die Euro-2024-naaswenner speel Donderdag ‘n vriendskaplike wedstryd teen Wallis en vyf dae later ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder-wegwedstryd teen Letland. Bellingham het ‘n kamp in September misgeloop toe hy ‘n skoueroperasie ondergaan het maar het sederdien […]
# Brittanje is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná ‘n aanval buite ‘n sinagoge in Manchester. Eerste Minister Keir Starmer, wat die toneel besoek het waar die motor- en mesaanval plaasgvind het, het gesê sekuriteit sal by sinagoges landwyd verbeter word na toenemende oproepe om Brittanje se Joodse gemeenskap te beskerm. Donderdag se aanval het op […]
# Krieket: Die Proteas-vrouespan het hul Wêreldbeker-veldtog in Indië op die slegste moontlike manier begin en met tien paaltjies teen Engeland verloor. Engeland het die loot gewen en die Proteas ingestuur om te kolf. Suid-Afrika se toporde het ineengestort en slegs Sinalo Jafta met 22 lopies kon dubbelsyfers behaal. Engeland het die Proteas in die […]
# Motorsport: Die veteraanrenjaer van Aston Martin, Fernando Alonso, was die vinnigste in die eerste oefensessie vir die Singapoer Grand Prix, met Charles Leclerc van Ferrari tweede en Max Verstappen van Red Bull, derde. Lewis Hamilton is vierde in die tweede Ferrari, voor die McLarens van die kampioenskapvoorloper Oscar Piastri, en Lando Norris. Die eerste […]
# Indië en China gaan regstreekse vlugte hervat ná ‘n vyf-jaar-lange opskorting. Vlugte tussen die twee lande met die grootste bevolkingsgetalle ter wêreld is tydens die Covid-19-pandemie in 2020 opgeskort en namate spanning tussen Beijing en Nieu-Delhi oor grensgeskille toegeneem het, is die vlugte nie hervat nie. Betrekkinge tussen die Asiatiese mededingers het sedertdien verbeter, […]