# Die UDM-vroueorganisasie is bekommerd oor Suid-Afrika se gebrekkige paroolstelsel met verwysing na 18-duisend-en-52 paroolgangers wat binne drie jaar weer oortree het, waaronder 493 moorde en 624 verkragtings. Die sekretaris-generaal Thandi Nontenja dring aan op hervorming wat slagofferveiligheid, aanspreeklikheid en oortreder-rehabilitasie eerste stel. Sy verwelkom onlangse besluite deur die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, […]
# ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê die party se leierskap is mensgerig met ‘n bewese diensleweringsrekord. Beaumont het in Thembisa, Ekurhuleni, gesê die metro het ‘n verwaarloosde stad van Gauteng geword, geteister deur rioolstortings, vullishope en konstante krag- en wateronderbrekings. Hy het inwoners aangespoor om anders te stem en gesê ou politieke partye […]
Die UDM in Kaapstad is bekommerd oor die grootskaalse polisie-klopjagte wat uitgevoer word en verband hou met beweerde bedrog en korrupsie van 1,6-miljard-rand in munisipale kontrakte. Bongani Maqungwana van die UDM sê 26 eiendomme, insluitend amptenare se huise, is deursoek en toestelle is deur polisiebeamptes gekonfiskeer. Hy waarsku dat dié herhalende tendens en verbintenis met […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die VN se Algemene Vergadering se sentrale rol in globale bestuur moet versterk word om lidstate te bemagtig. Lamola het tydens die 22ste Vergadering van Nordies-Afrika-ministers van Buitelandse Sake by die Victoria-waterval in Zimbabwe, die behoefte aan die hervorming van die Veiligheidsraad in lyn […]
# Die ActionSA-leier Herman Mashaba het die televisie-aanbieder Xolani Khumalo as die party se Ekurhuleni-burgemeesterskandidaat vir die 2026-plaaslike regeringsverkiesing aangekondig. Mashaba het in Thembisa gesê dat Ekurhuleni deur korrupte politici verraai is. Hy het Khumalo beskryf as ‘n volksleier wat korrupsie sal beveg, waardigheid sal herstel en Ekurhuleni die nuwe begin sal gee wat die […]
# Die GOOD-party het die Pretoriase Hooggeregshof se besluit verwelkom om president Cyril Ramaphosa en die regering se poging af te wys om ‘n skadevergoedingsaak van 167-miljoen-rand deur apartheidslagoffers en die Stigting vir Menseregte, onbepaald uit te stel. Die party sê dit is belangrik vir die integriteit van Suid-Afrika se regstelsel dat die redes vir […]
# Die KwaZulu-Natal polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi sal volgende Dinsdag en Woensdag voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn om oor bewerings van kriminele infiltrasie in die regstelsel te getuig. Getuienis sal gelei word deur Senior Advokaat Norman Arendse, wat bevestig het dat Mkhwanazi se verklaring afgehandel is. Arendse het bevestig die span werk volstoom om […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het president Cyril Ramaphosa se versoek om ‘n eis vir skadevergoeding van 167-miljoen-rand deur 22 families van vermoorde en vermiste anti-apartheidsaktiviste onbepaald uit te stel, met koste van die hand gewys. Regter Nicoline Janse van Nieuwenhuizen sê dit is in die openbare belang dat families afsluiting vind, en die regering […]
# Die ANC het van vandag tot Maandag ‘n spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee belê by die Birchwood Hotel in Johannesburg. Die NUK sal oor die ekonomie, regering en dienslewering beraadslaag, en riglyne vir die komende plaaslike regeringsverkiesing finaliseer. Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party beoog om sy status te herbou deur […]