# Die Egiptiese president Abdel Fattah al-Sisi het die Amerikaanse president Donald Trump se Gaza-plan geprys. Dit kom terwyl onderhandelaars van Hamas, Israel en die Verenigde State in Egipte saamtrek om die uitruil van gyselaars en gevangenes asook ‘n wapenstilstand te bespreek. Sisi het ‘n toespraak gelewer oor die 1973-oorlog tussen Israel en Egipte wat […]
# FirstRand Namibië het sy kliënte ingelig dat FNB se kitsbanke voorlopig nie die nuwe banknote van die Bank van Namibië kan aanvaar nie. Die bank sê die OTMs kan wel kontant uitbetaal, maar het tegnologiese opgraderings nodig om die nuwe note vir deposito’s te verwerk. Kirsty Watermeyer van FNB moedig kliënte aan om dienste […]
# Die Franse president, Emmanuel Macron, het eerste minister Sebastien Lecornu se bedanking aanvaar slegs ure nadat hy sy nuwe kabinet bekendgemaak het, wat die land verder in ‘n politieke dooiepunt dompel. Macron het die voormalige minister van Verdediging verlede maand aangestel. Die grootliks onveranderde kabinet het hewige kritiek in die politieke spektrum ontketen. Lecornu […]
# Die vakverbond COSATU gaan verskeie geleenthede regoor provinsies lei om die Internasionale Dag vir Menswaardige Werk môre te vier. Woordvoerder Zanele Sabela sê in sy 40-jarige bestaan, was die vakverbond aan die voorpunt van die bevordering, verdediging en beskerming van werkersregte en -belange met die doel om hulle werk- en lewensomstandighede te verbeter. Sy […]
# Die Gauteng Wetgewer se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid veroordeel die noodlottige skietvoorval, Sondag by die Qedukoma Taverne in Bronkhorstspruit, waar vyf mense dood en ses gewond is. Voorsitter, Thebe Khumalo, sê die kommittee vra vir strenger vuurwapenbeheer, die ontwikkeling van wapen-spesifieke misdaadstatistiek, en geteikende ingryping om geweld in openbare plekke te beperk. Khumalo het die vinnige […]
# Die Mandela-koningshuis vra die onvoorwaardelike vrylating van alle Global Sumud-flottielje-gevangenes, insluitend Mandla Mandela. Israelse magte hou hulle tans aan nadat hulle hulp aan Gaza wou lewer. Die koningshuis het regspanne, diplomate en ondersteuners in ‘n verklaring bedank en veroordeel die beweerde mishandeling van die Sweedse aktivis Greta Thunberg. Die Mandelas het solidariteit met Palestynse […]
# Die vakbondfederasie SAFTU dring aan op die onmiddellike skorsing van Israel uit FIFA asook uit die Konfederasie van Afrika-sokker. Die Israelse militêre veldtog in Gaza, in reaksie op Hamas se aanval op Israel in Oktober 2023, het gelei tot die dood van meer as 67-duisend mense in Gaza. Woordvoerder van SAFTU, Newton Masuku, sê […]
# Die Gautengse Onderwysdepartement het sy verbintenis tot die verbetering van onderrig, leer en veiligheid regoor die provinsie herbevestig. Meer as agtduisend-500 slimklaskamers is bekendgestel, toegerus met interaktiewe LED-vertoonborde om digitale leer te ondersteun. Spesiale skole trek steeds voordeel uit 655 voltydse spesialiste, terwyl die Samson LSEN School in Katlehong 8,9-miljoen-rand ontvang het om vaardigheidsopleiding […]
# Die organisasie, Movement of the Poor het sy 20ste bestaansjaar by die Curries Fountain-stadion in Durban gevier. Woordvoerder Thapelo Mohapi sê die organisasie, wat in 2005 deur 32 verteenwoordigers van 12 nedersettings gestig is, het nou meer as 180-duisend lede oor vyf provinsies. Ten spyte van polisiegeweld, politieke aanvalle en sluipmoorde, gaan die beweging […]