# Israel het vroegoggend sy langverwagte grondaanval op Gaza-stad geloods, kort nadat die besoekende Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, Israel se doelwit goedgekeur het om Hamas in Gaza te vernietig. ‘n Ondersoek van die Verenigde Nasies het Israel intussen aangekla van volksmoord in die Palestynse streek, en eerste minister Benjamin Netanyahu en ander […]
# Die vakbond Solidariteit het ‘n amptelike geskil met die regering verklaar by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, oor grootskaalse afleggings, met verwysing na swak infrastruktuur, onbestendige kragvoorsiening en beleidsmislukkings. Die vakbond sê derduisende poste is reeds geraak, met meer poste wat in die komende maande in gevaar is. Solidariteit beskuldig president Cyril […]
# Die Departement van Verdediging erken dat hy amper 110-miljoen-rand bestee het aan huur by die St George-hotel in Pretoria. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het die syfers bekend gemaak na ‘n vraag in die parlement. Sy blameer die Department van Openbare Werke dat hy nie voldoende staatseiendomme beskikbaar gestel het […]
# Die DA sê hy is bly president Cyril Ramaphosa het erkenning gegee aan die party se rekord van goeie regering. Ramaphosa het gister in Johannesburg aan ANC-raadslede gesê Kaapstad en Stellenbosch is voorbeelde van doeltreffende dienslewering, en het ANC-raadslede aangespoor om te leer by DA-munisipaliteite. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê die party bly verbind […]
# Die Patriotic Alliance het aangekondig sy geskorste adjunkpresident, Kenny Kunene, is die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg in die komende plaaslike regeringsverkiesing. Dit volg ondanks ‘n interne ondersoek na Kunene se beweerde bande met die misdaadfiguur Katiso “KT” Molefe. Kunene was by Molefe se huis in Sandton toe hy in hegtenis geneem is vir […]
# Die UDM vra die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola vir dringende maatreëls om mediavryheid te beskerm terwyl wetstoepassing tydens betogings versterk word. Woordvoerder Zandile Phiri verwys na die joernaliste Sandiso Phaliso wat in Nyanga, Kaapstad, aangerand is, en Julia Evans, wat deur ‘n rubberkoeël gewond is toe sy […]
# Gholf: Die Noorweegse ster, Viktor Hovland, maak sy eerste buiging in Suid-Afrika wanneer hy in die Nedbank-uitdaagtoernooi afslaan. Die toernooi ter ere van Gary Player word van 4 tot 7 Desember op die Gary Player-buiteklub gespeel. Hovland maak volgende week sy derde agtereenvolgende verskyning in die Ryderbeker-kompetisie op Bethpage Black in Farmingdale, New York, […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste het verduidelik goedkeuring vir die veroordeelde moordenaar Donovan Moodley se vrylating op parool is steeds aan die gang. Die departement sê sy parool moet deur die Nasionale Raad vir Korrektiewe Dienste hersien word, met die finale besluit wat berus by die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald. Moodley, wat […]
# President Cyril Ramaphosa het raadslede aangespoor om beslissend op te tree en diensleweringsuitdagings aan te spreek, veral watertekorte wat gemeenskappe raak. Ramaphosa het by die FNB-stadion in Johannesburg, Gauteng, aan die party se raadslede gesê hul moet duidelike, praktiese planne ontwikkel om grootmaatwater- en voorsieningsprobleme op te los en nie wag vir die media […]