# Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het effens met 0,2-persent in Augustus gedaal. Die grootste dalings is gesien in die platinumgroepmetale, goud en mangaanerts. Steenkool was die groot positiewe presteerder, met ‘n styging van net meer as vier-persent. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke SA sê ten spyte van laer produksie, het mineraalverkope op ‘n jaargrondslag met 23-persent […]
# Die geskorste Nasionale Adjunk-Polisiekommissaris Shadrack Sibiya sê politieke moorde in Suid-Afrika het afgeneem danksy die taakspan vir politieke moorde. Sibiya voer aan die taakspan se kundigheid sal nou opgeneem word in die Moord- en Roofeenheid vir landwye ontplooiing. Sibiya beklemtoon hulpbronne moet aangewend word op breër ernstige en geweldsmisdade om permanente, goed verspreide strukture […]
# Amerikaanse president Donald Trump sal die seremoniële ondertekening van ‘n vredesooreenkoms tussen Thailand en Kambodja by ‘n komende beraad bywoon. Spanning tussen Thailand en Kambodja het in Julie in die dodelikste militêre botsings in dekades ontaard, met meer as 40 mense wat gesterf het en bykans 300-duisend het uit hul huise gevlug. Die twee […]
# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid sê sakesentiment het in September 2025 versterk. Die SACCI Handelsvertroue-indeks het maand-tot-maand met 1,1-punte gestyg en jaar-tot-jaar met 10,9-punte tot 121,1. Die uitvoerende hoof van die Kamer, Alan Mukoki sê winste is gedryf deur hoër toeriste-aankomste, stygende goud- en platinumpryse, verhoogde voertuigverkope en die groei van aandele […]
# Vervoer en dienste in Griekeland word die tweede keer hierdie maand ontwrig nadat vakbonde ‘n 24-uur-staking uitgeroep het teen die regering se plan vir ‘n opsionele werksdag van 13-uur. Die regering sê die lang werksdag, wat waarskynlik môre as wet aanvaar gaan word, is nie verpligtend nie, maar opposisiepartye en vakbonde voer aan dat […]
# Google het aangekondig hy gaan oor die volgende vyf jaar meer as 260-miljard-rand in Indië belê en ‘n reuse-datasentrum en kunsmatige intelligensie-basis in die land bou. Dit sal die grootste KI-kern buite die VSA wees. Die vraag na KI-hulpmiddels en -oplossings het skerp toegeneem onder ondernemings en individue in Indië, wat na verwagting teen […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsie se toerismesektor vir plesiervaarte het in 2024/25 meer as een-miljard-rand tot die provinsiale ekonomie bygedra, ‘n toename van 36-persent teenoor die vorige jaar. Noko Masipa van die party, sê met 127-duisend passasiers en 83 bote, ondersteun die sektor meer as twee-duisend werknemers. Groei het uitgebrei tot […]
# Die UDM vra die Departement van Elektrisiteit en Energie om ‘n nasionale oudit- en gefaseerde elektrifiseringsprogram in alle informele nedersettings in die land te bespoedig. Die party sê regeringsowerhede hanteer reeds vir jare die informele nedersettings as tydelike ruimtes, en nie permanente gemeenskappe wat basiese dienste verdien nie. Die UDM se waarnemende sekretaris-generaal, Zandile […]
# Brittanje se werkloosheidsyfer het tot die hoogste vlak in meer as vier jaar gestyg, wat bydra tot die ekonomiese druk voor die jaarlikse begroting. Die koers het 4,8-persent bereik in die drie maande tot einde Augustus, die hoogste vlak sedert die eerste helfte van 2021. Hierdie is in vergelyking met werkloosheid van 4,7-persent in […]