# AfriForum het owerhede versoek om diegene wat verantwoordelik is vir onwettige mynbou naby die Krugerwildtuin te beboet. Die burgerregtegroep sê die ongemagtigde boorwerk op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch het reeds ernstige omgewingskade veroorsaak. Lambert de Klerk van AfriForum eis dat die regering binne 30 dae moet optree om omgewingswette af […]
# Rise Mzansi het DA-parlementslid, Mark Burke veroordeel omdat hy vals bewerings gemaak het oor Songezo Zibi, sy leier en die voorsitter van die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge. Die party sê Burke se bewerings dat Openbare Beleggingskorporasie-dokumente weerhou is, is ongegrond, aangesien alle lede dit elektronies ontvang het. Mabine Seabe van Rise […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie het die SAPD-bestuur van blatante minagting beskuldig. Dit volg nadat die waarnemende minister van Polisie, Firoz Kachalia, en die Nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola nie ‘n belangrike vergadering bygewoon het nie. Verskeie lede van die Parlement het toekomstige dagvaardings voorgestel om bywoning en verantwoordbaarheid af te dwing. Die komiteevoorsitter […]
# Sokker: Barcelona se middelveldspeler, Frenkie de Jong, het ‘n kontrak tot 2029 geteken. Die 28-jarige Nederlandse internasionale speler het in 2019 van Ajax by Barcelona aangesluit en is die sewende seisoen by die Katalaanse reuse. Hy het twee La Liga-titels gewen asook twee keer die Copa del Rey. De Jong het soms gesukkel om […]
# Die Amerikaanse selfbestuur-motoronderneming Waymo het planne aangekondig om sy robot-taxis volgende jaar in Londen bekend te stel, terwyl Brittanje ‘n outonome voertuigmark wil ontwikkel. Dit is die eerste keer dat Waymo, wat besit word deur Google se moedermaatskappy Alphabe, na Europa sal uitbrei. Dis reeds teenwoordig in ‘n groeiende aantal stede in Amerika. Lede […]
# Rugby: Vyf lede van die Junior Springbok-span wat vroeër vanjaar Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap in Italië gewen het, is ingesluit in die oefengroep van SA Rugby se Onder-19 Akademie. Hulle speel van die einde van die maand drie wedstryde in Europa. Die seëvierende Junior Bokke wat deel is van die oefengroep is die SA onder-20-kaptein, […]
# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, werk saam met kundiges van die Lugvaart-redding- en koördineringsentrum terwyl soek- en reddingspogings na twee vermiste vliegtuie in die KwaZulu-Natalse Middeland verskerp. Ndabezinhle Sibiya van die Departement sê lede van die padverkeersinspektoraat is ontplooi om verkeersvloei in die gebied te bestuur terwyl noodspanne die […]
# Statistieke Suid-Afrika sê verkope in die kleinhandelsektor het met 2,3-persent in August toegeneem vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die meeste van die groei het van hardewarewinkels, algemene handelaars en ander kleinhandelaars gekom. Oor die drie maande tot Augustus was kleinhandel 3,2-persent hoër as verlede jaar, met sterk groei in klere, skoene en hardeware. […]
# Sokker: Marokko het die wêreldrekord vir agtereenvolgende internasionale oorwinnings tot 16 verbeter met hul 1-0 Wêreldbeker-kwalifiseringsoorwinning oor Kongo in Rabat. Die Fenerbahçe-doelskieter Youssef En-Nesyri het die enigste doel van die wedstryd vir die Atlas Lions aangeteken, wat vroeër vandeesmaand reeds Wêreldbeker-kwalifisering verseker het met ‘n 5-0 sege oor Niger. Die span was in ‘n […]