# Krieket: Die voormalige Nieu-Seelandse kaptein, Kane Williamson, sal by Lucknow Super Giants aansluit as strategiese raadgewer in volgende jaar se Indiese Premierliga. Hy word deel van die span wat hoofafrigter Justin Langer, snelboul-afrigter Bharat Arun en draaiboul-afrigter Carl Crowe insluit. Williamson het meer as twee-duisend-500 lopies in 93 T20-wedstryde vir Nieu-Seeland aangeteken. Hy glo […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet veroordeel die voortgesette konflik in Soedan wat onlangs gelei het tot die dood van ten minste 60 burgerlikes deur die Rapid Support Forces in El Fasher, Noord-Darfur in Soedan. Sy sê duisende burgerlikes is in die stad vasgekeer. Ntshavheni sê die streek het die […]
# COSATU het SAFA versoek om die Bafana Bafana spelers en hul afrigtings- en ondersteuningspan nou, en tydens die Wêreldbeker gepas te beloon en te vereer. Cosatu sê die land se sokker moet nie net gevier word wanneer hulle trofeë wen nie, maar dwarsdeur spelers se loopbane. COSATU se woordvoerder, Matthew Parks, sê te veel […]
# Owerhede sê ‘n hommeltuigaanval het die aanklaer se kantoor in die Meksikaanse stad Tijuana op die grens met Amerika getref, sonder om die vermeende aanvallers te identifiseer. Die staatsaanklaer van Baja Kalifornië, Maria Elena Andrade, het aan verslaggewers gesê die aanval wat met drie plofstofbelaaide hommeltuie uitgevoer is, het skade veroorsaak, maar geen ongevalle […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n dringende aansoek van die gewese Suid-Afrikaanse Toerismeraad van die hand gewys teen die minister van Toerisme, Patricia de Lille, se besluit in Augustus om dit te ontbind. Die gewese raadslede het haar daarvan beskuldig dat sy redes versin het om die raad te ontbind. De Lille het haar […]
# Een van die wêreld se langste stelle dinosourus-voetspore is in ‘n steengroef in Oxfordshire in die Verenigde Koninkryk ontdek. Paleontoloë het die voetspore gekoppel aan die Cetiosaurus-dinosourus wat tot 18 meter lank kon word. Dewars Farm-steengroef word al lank met dinosourusse verbind. Sommige spore is in die 1990s daar ontdek, en verlede jaar het […]
# Die Keniaanse president, William Ruto, het Kabinetsekretaris, Musalia Mudavadi, na Indië gestuur om toesig te hou oor die repatriasie van voormalige eerste minister Raila Odinga se liggaam, ná sy dood Woensdag in Kochi. Ruto sê Indië sal op Kenia se versoek met die proses help. Die afvaardiging sluit verskeie kabinetsekretarisse en van Odinga se […]
# Die forensiese ontleder Calvin Rafadi het korrupsiebewerings ontken wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek gemaak is. WhatsApp-boodskappe wat as bewyse aangebied is, toon na bewering dat Rafadi finansiële hulp van sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala gevra het vir huur, petrol en klasgelde, in ruil vir die ontwikkeling van media-boodskappe wat Matlala bevoordeel. Volgens MDN News […]
# AfriForum het owerhede versoek om diegene wat verantwoordelik is vir onwettige mynbou naby die Krugerwildtuin te beboet. Die burgerregtegroep sê die ongemagtigde boorwerk op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch het reeds ernstige omgewingskade veroorsaak. Lambert de Klerk van AfriForum eis dat die regering binne 30 dae moet optree om omgewingswette af […]