# Sokker: SAFA het ‘n driejaarvennootskap met Adidas aangegaan om klere en toerusting vir alle nasionale spanne, insluitend Bafana Bafana en Banyana Banyana, van 24 Maart volgende jaar te verskaf. Die ooreenkoms volg Le Coq Sportif se kontrak op, wat op 31 Desember verstryk. SAFA se uitvoerende hoof, Lydia Monyepao, het dit as ‘n tuiskoms […]
# Die militêre hoof van Jemen se Houthi-rebelle is in ‘n Israeliese aanval dood. Die Iran-gesteunde groep sê generaal-majoor Mohammed al-Ghamari is in die geveg teen Israel dood sonder om verdere besonderhede te gee, maar het met wraak gedreig. Die aankondiging van sy dood volg dae na ‘n wapenstilstand in die tweejaarlange Gaza-oorlog, waartydens die […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, lei vandag die Nasionale Senior Sertifikaat-belofte-ondertekeningseremonie met die matriekklas van 2025 by Harry Gwala High School in Khayelitsha, Kaapstad. Die jaarlikse geleentheid versterk eerlikheid en integriteit in die eksamenproses, aangesien leerders hulle daartoe verbind om bedrog of wangedrag te vermy. Die seremonie beklemtoon die departement se strewe […]
# Krieket: Die Vroue-Wêreldbeker het alreeds rekord-kykerstalle behaal met 60-miljoen aanhangers wat ingeskakel het om die eerste 13 eendagwedstryde te sien. Dit is die eerste vrouetoernooi waar die prysgeld meer is as die vorige mans-eendag-Wêreldbeker. Daar is agt spanne wat aan die 13de weergawe van die 50-boulbeurt-toernooi deelneem. Die skouspel, wat in Indië en Sri […]
# Growthpoint Properties het ‘n mylpaalvennootskap met RSA Aero aangegaan om die nuwe Kaapse Wynland-lughawe naby Kaapstad gesamentlik te ontwikkel en te bestuur. Die projek van agt-miljard-rand is daarop gemik om ‘n wêreldgehalte-lugvaart-, gasvryheid- en logistieke sentrum te skep wat tot 35-duisend werksgeleenthede kan ondersteun. Growthpoint sal toesig hou oor langtermyn eiendoms- en batebestuur op […]
# Tafelberg en sy beroemde sweefspoor in die Wes-Kaap is benoem vir twee wêreldtitels op vanjaar se Wêreld-reistoekennings. Tafelberg is benoem in die kategorie as die wêreld se voorste toeriste-trekpleister en die sweefspoor vir die wêreld se voorste sweefspoor-rit. Hulle is die enigste Suid-Afrikaanse benoemdes vanjaar. Die besturende direkteur van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy, Wahida Paker, moedig […]
# Die LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning in Gauteng, Matome Chiloane, sal vandag die amptelike ondertekeningseremonie vir die Nasionale Senior Sertifikaat-belofte by die Vorentoe Hoërskool in Rossmore, Johannesburg, lei. Die geleentheid vind plaas voor die 2025 NSS-eksamen wat Maandag begin. Leerders landwyd sal hulle in die openbaar verbind tot die handhawing van […]
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die Sewende Maatskaplike Geregtigheidsberaad by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum toespreek. Die geleentheid, aangebied deur die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid, bring beleidmakers, die burgerlike samelewing, akademici en die regbank bymekaar onder die tema “Maatskaplike Geregtigheid, Voedselsekuriteit en Vrede.” Die beraad het ten doel om gelykheid, solidariteit, volhoubaarheid […]
# Former West Ham footballer Said Benrahma has been fined more more than 280-thousand-rand for owning dangerously out-of-control dogs that attacked a golden retriever. The Algeria international, pleaded guilty over the “very distressing” incident in July 2023, during which his XL bullies chased and attacked a golden retriever. Benrahma admitted owning the dogs when he […]