# Rugby: Die Springbokke sal staatmaak op hulle meer ervare spelers om die wedstryd te beheer wanneer hulle die Wallabies in die tweede ronde van die Rugbykampioenskap in Kaapstad aandurf. Die Bokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus het tien veranderings vir vanmiddag se herontmoeting aangebring. Een van die belangrike veranderings is Handré Pollard wat Manie Libbok […]
# Krieket: Môre se derde en laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Mackay beïnvloed nie die reeks nie nadat Lungi Ngidi, Matthew Breetzke en Tristan Stubbs geskitter het in gister se tweede kragmeting op dieselfde veld. Die Proteas het die reeks beklink met ‘n oorwinning met 83 lopies nadat hulle in hul beurt uitgeboul […]
# ActionSA verwelkom die Wes-Kaapse Hooggeregshof se verwerping van My Vote Counts se aansoek wat dele van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye betwis. Die hof het beslis teen die poging om strenger openbaarmakingsvereistes op skenkings in te stel, nadat ActionSA aangevoer het dit sal meer onlangse politieke partye onregverdig beperk. Matthew George […]
# ACWA Power het Craig McGregor van die Universiteit Stellenbosch aangestel as die eerste voorsitter van Concentrating Solar Power. Die aanstelling probeer om Suid-Afrika se sonkrag termiese navorsing en nagraadse opleiding verhoog. Die voorsitter sal fokus op die optimalisering van gekonsentreerde sonkragaanleg, termiese berging, droeë-lug verkoeling, en nywerheidstoepassings. McGregor, wat die leier van die navorsingsgroep […]
# Die Wes-Kaapse premier Alan Winde en die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, het ‘n multisektor-regeringsvergadering in Kaapstad byeengeroep om die Knoflokskraal-grondbesetting in die Theewaterskloof-munisipaliteit te bespreek. Die grond, wat in 2020 vir die eerste keer onwettig beset is, het uitgebrei tot ongeveer vier-duisend strukture. ‘n Taakspan sal aangestel word om toesig te hou […]
# Die DA vra dat die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, moet optree teen onwettige mynbou by MC Mining se Makhado steenkoolmyn in Limpopo. Die DA sê die maatskappy, wat sonder geldige omgewingsmagtiging optree, beskadig die Vhembe Biosfeer-reservaat en ander kritieke biodiversiteitsgebiede. Andrew de Blocq van die DA waarsku teen omgewingsvernietiging en finansiële […]
# Die United Africans Transformation het vandag amptelik ‘n nuwe tuiste aan ‘n ma wat aan ‘n chroniese siekte ly en haar twee kinders in Lebotloane, Noordwes, oorhandig. Die party sê die gesin het vir jare in ‘n plakkershut gewoon na die man se dood. Mighty Mabule van UAT sê hulle het in vennootskap met […]
# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners in die noordelike dele van die provinsie om uiters versigtig te wees, aangesien droë toestande en ‘n sterk wind van tot 50-kilometer per-uur ‘n reusegevaar vir veldbrande inhou. Munisipaliteite wat veral in gevaar mag wees sluit in, Abaqulusi, Jozini, Newcastle, […]
# Die Congress of the People veroordeel die uitsetting van kwesbare kinders uit die Boikagong Kinder- en Jeugsentrum in Mahikeng, Noordwes. Volgens verslae woon daar nou senior ANC-amptenare en lede van die Department van Maatskaplike Ontwikkeling in die fasiliteit. COPE sê die sentrum, wat met openbare geld gekoop is, is bedoel vir wees- en mishandelde […]