# A global outage hit Amazon’s cloud services for several hours on Monday. A subsidiary of the US tech giant said it disrupted many websites and services including Amazon Prime, Perplexity, Fortnite, Alexa, Snapchat and Duolingo. Amazon’s maintenance said it took some three hours to largely fix the problem, with some services working to erase […]
# Krieket: Engeland het Nieu-Seeland se swak veldwerk gestraf om die tweede T20 in Christchurch met 65 lopies te wen nadat die openingswedstryd uitgereën het. Die besoekers het ‘n reuse-totaal van 236 vir vier aangeteken nadat die Swartpette die loot gewen en Engeland ingestuur het om te kolf. Aanvangskolwer Phil Salt, met 85, en Engeland […]
# Sokker: Die voormalige afrigter van Chelsea, Graham Potter, is aangestel as afrigter van Swede se nasionale span nadat Jon Dahl Tomasson verlede week afgedank is. Tomasson se kontrak is beëindig nadat sy span slegs ‘n enkele punt kon verdien in die eerste vier Wêreldbeker-kwalifiseerders. Die beheerliggaam sê Potter, wat verlede maand deur die Premierliga-klub […]
# Oekraïene se president, Volodimir Zelensky, sê hy is gereed om aan te sluit by ‘n beraad tussen sy ampsgenote van Rusland en Amerika, Vladimir Putin en Donald Trump, in Hongarye indien hy genooi word. Trump en Putin sê hulle sal moontlik binne ‘n paar weke vergader, terwyl Trump voortgaan met pogings vir ‘n vredesooreenkoms […]
# Vanjaar se Diwali-vierings is verdeel tussen vandag en môre aangesien die Amavasya-tydperk oor twee-dae strek met verskillende sonsondergangtye. Stede waar die son ná 5.30 die middag sak, hou die vierings vandag, terwyl ander dit môre sal vier. Die fees verteenwoordig die oorwinning van lig oor duisternis, goed oor kwaad en kennis oor onkunde. Hindo-tempels […]
# Klein ondernemings wat aan die Nasionale Bergkwaggapark in die Oos-Kaap verskaf, kan nou toegang kry tot rentevrye lenings vir aankoopbestellings, danksy die uitgebreide SANParke-Sanlam-ondersteuningsprogram vir klein-, medium- en mikro-ondernemings. SANParke se woordvoerder JP Louw sê die inisiatief, wat reeds suksesvol gebruik word in agt ander nasionale parke, help plaaslike ondernemings om kontraktuele verpligtinge na […]
# Rugby: Die voormalige Junior Springbok-stut en -kaptein, Zachary Porthen, het sy eerste Springbok-oproep verdien in die groep van 36 vir volgende maand se toer. Ben-Jason Dixon, Johan Grobbelaar en Gerhard Steenekamp kan die eerste keer die seisoen vir Suid-Afrika speel, terwyl Jean Kleyn, Kurt-Lee Arendse en Edwill van der Merwe terug is na beserings. […]
# ActionSA het sy beste wense oorgedra aan elke leerder wat die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-matriekeksamen skryf. Die party sê dit is die hoogtepunt ná twaalf-jaar van harde werk, dissipline en deursettingsvermoë. ActionSA se woordvoerder, Zwelithini Mtshali, sê onderwys bly een van die kragtigste instrumente om lewens te verander, en is die hoeksteen waarop drome […]
# ‘n Voormalige kommunikasiehoof van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Lumka Oliphant, sê haar ontslag kom neer op teistering. In ‘n gedetailleerde verklaring beweer Oliphant politieke inmenging, korrupsie en intimidasie binne die departement onder minister Sisisi Tolashe. Oliphant het aan Newzroom Afrika gesê swart professionele persone word stilgemaak en uitgeskuif omdat hulle bestuurders uitdaag. Sy […]