# AfriForum het die Hooggeregshof in Pretoria genader om die energiereguleerder, Nersa, se goedkeuringsproses van munisipale tariewe ongeldig te laat verklaar. Die organisasie sê daar was nie genoeg tyd vir openbare kommentaar nie, en die meeste minusipaliteite het versuim om behoorlike koste-van-voorsieningstudies in te dien, ondanks Nersa se bewering. Woordvoerder Morné Mostert sê AfriForum vra […]
# Die Stad Kaapstad sê hy sal die dial-a-ride-diens herbelyn vanaf 8 September weens onvolhoubare koste, wat ongeveer 260 aktiewe gebruikers raak. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die diens, wat oorspronklik vir mense in rolstoele en diegene met ernstige mobiliteitsprobleme was, is te duur om te bedryf. Dit kos die stad ongeveer […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het sy steun uitgespreek vir ActionSA se voorgestelde wetsontwerp in die Parlement wat die uitvoerende gesag en kabinetstruktuur wil hervorm. Die Grondwet se Twee-en-twintigste Wysigingswetsontwerp sal poog om adjunkministers te skrap, parlementêre aanstellings na te gaan en die Nasionale Vergadering toe te laat om ministers met mosies van wantroue te […]
# Afrika se voorste privaat onderwysverskaffer, die ADvTECH Groep, het amptelik die Rosebank International University College in Accra, Ghana, bekendgestel. Dit is die groep se eerste universiteit buite Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van ADvTECH, Geoff Whyte, sê die uitbreiding versterk ADvTECH se onderwysvoetspoor in Afrika. Studenteregistrasie het op 15 Augustus begin en klasse begin in […]
# Die Onderwysdepartement in Gauteng sê infrastruktuur bly een van sy grootste uitdagings. LUR , Matome Chiloane het maatreëls uiteengesit, insluitend meer as twee-duisend selfgeboude-klaskamers sedert 2020, wat plek vir meer as 76-duisend leerders bied. ‘n Verdere een-duisend-745 klaskamers word gebou, en meer mobiele klaskamers is na 223 skole gestuur as ‘n tydelike noodmaatreël om […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die regering se vragspoorhervormingsprogram is daarop gemik om die hoeveelheid goedere wat per spoor vervoer word, teen 2029 tot 250-miljoen-ton te verhoog. Creecy het op ‘n nuuskonferensie gesê die hervormings sluit in om Transnet se spoornetwerk oop te stel vir privaat operateurs, die verbetering van doeltreffendheid, om […]
# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, herinner ouers en voogde om teen 29 Augustus aansoek te doen vir Graad 1 en 8 plasings, met ondersteunende dokumente wat teen 12-uur die middag op 9 September ingedien moet word. Chiloane wys daarop dat alle dokumente, insluitend identiteitsdokumente, geboortesertifikate, bewys van adres, en skoolrapporte gewaarmerk […]
# Krieket: Suid-Afrika het die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië beklink met nog ‘n indrukwekkende oorwinning in die tweede kragmeting in Mackay. Aiden Markram het die loot gewen en besluit om te kolf, en Suid-Afrika is vir 277 uitgeboul na Matthew Breetzke se 88 en Tristan Stubbs se 74. Adam Zampa het drie paaltjies […]
# Krieket: Die eindstryd van die vierdie seisoen van die SA20 sal op 25 Januarie volgende jaar gespeel word op Nuweland – tuisveld van die verdedigende kampioen, M-I Cape Town. Die liga se kommissaris, Graeme Smith, het ook aangekondig dat die drie uitspeelwedstryde in Durban, Centurion en op die Wanderers in Johannesburg gespeel sal word. […]