# Die Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika en China het ‘n ooreenkoms oor TikTok bereik, met Washington wat sê beheer oor Tik-Tok moet na VSA-beheerde eienaarskap skuif. Die ooreenkoms is oor twee dae in Madrid bereik tussen Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, en die adjunk-eerste minister van China, He Lifeng. TikTok het […]
# Motorsport: Zandvoort, Singapoer en Montreal sal volgende seisoen vir die eerste keer Formule Een-blitsrenne aanbied. Formule Een en die sport se beheerliggaam, die F-I-A, het aangekondig dat dié drie renbane aansluit by Shanghai en Miami wat die afgelope twee seisoene blitsrenne aangebied het, en Silverstone wat in 2021 laas ‘n blitsren aangebied het. Volgende […]
# Robert Redford, the dashing Hollywood leading man and Oscar-winning director has died at the age of 89. His publicist Cindi Berger told CNN he passed away at his home at Sundance in the mountains of Utah, surrounded by those he loved. Known for his starring roles in Butch Cassidy and the Sundance Kid and […]
# Die GOOD-party het president Cyril Ramaphosa gestriem oor sy beskrywing van DA-geleide munisipaliteite as maatstawwe en sê diepgaande ongelykhede in Kaapstad en Stellenbosch word geïgnoreer. Sekretaris-generaal Brett Herron sê hoewel hierdie munisipaliteite skoon oudits verseker, is hulle steeds globale voorbeelde van ongelykheid. Daar is meer as een-duisend-200 informele nedersettings in die Wes-Kaap en 400-duisend […]
# Israel het vroegoggend sy langverwagte grondaanval op Gaza-stad geloods, kort nadat die besoekende Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, Israel se doelwit goedgekeur het om Hamas in Gaza te vernietig. ‘n Ondersoek van die Verenigde Nasies het Israel intussen aangekla van volksmoord in die Palestynse streek, en eerste minister Benjamin Netanyahu en ander […]
# Die vakbond Solidariteit het ‘n amptelike geskil met die regering verklaar by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, oor grootskaalse afleggings, met verwysing na swak infrastruktuur, onbestendige kragvoorsiening en beleidsmislukkings. Die vakbond sê derduisende poste is reeds geraak, met meer poste wat in die komende maande in gevaar is. Solidariteit beskuldig president Cyril […]
# Die Departement van Verdediging erken dat hy amper 110-miljoen-rand bestee het aan huur by die St George-hotel in Pretoria. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het die syfers bekend gemaak na ‘n vraag in die parlement. Sy blameer die Department van Openbare Werke dat hy nie voldoende staatseiendomme beskikbaar gestel het […]
# Die DA sê hy is bly president Cyril Ramaphosa het erkenning gegee aan die party se rekord van goeie regering. Ramaphosa het gister in Johannesburg aan ANC-raadslede gesê Kaapstad en Stellenbosch is voorbeelde van doeltreffende dienslewering, en het ANC-raadslede aangespoor om te leer by DA-munisipaliteite. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê die party bly verbind […]
# Die Patriotic Alliance het aangekondig sy geskorste adjunkpresident, Kenny Kunene, is die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg in die komende plaaslike regeringsverkiesing. Dit volg ondanks ‘n interne ondersoek na Kunene se beweerde bande met die misdaadfiguur Katiso “KT” Molefe. Kunene was by Molefe se huis in Sandton toe hy in hegtenis geneem is vir […]