# Krieket: Die ses franchise-spanne in die SA20 begin vorm aanneem vir die vierde seisoen wat op 26 Desember begin. Die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, is onderweg na die speler-veiling nadat Sunrisers Eastern Cape nie hul kaptein van die eerste drie seisoene behou het nie. Die voormalige Protea-kaptein, Faf du Plessis, gaan by Joburg […]
# Tennis: Die Internasionale Tennisfederasie het aangekondig elektroniese lynbeslissings sal in meer toernooie beskikbaar gestel word. Die stelsel sal nou as goud, silwer of brons geklassifiseer word, met goud wat by elite-kompetisies soos Grand Slam-toernooie, die WTA- en die ATP-toer, die Billie Jean King-beker en die Davisbeker ingespan word. Silwer sal op tweede vlak-kompetisies aangewend […]
# Die Vereniging vir die Beskerming van Padongelukslagoffers het ‘n beroep op die minister van Vervoer, Barbara Creecy, gedoen om planne vir ‘n nuwe Padongelukke Voordeelskema prys te gee en dat sy die sukkelende Padongelukkefonds moet hervorm. Die voorsitter van die vereniging, Pieter de Bruyn, waarsku dat die skema die slagoffers se regte en vergoeding […]
# Die vakbond Solidariteit waarsku werkgewers om nie rasgebaseerde werkverskaffingsplanne teen 1 September voor te lê nie, en sê daar is kommer oor die wettigheid van nuut-gepubliseerde regeringsregulasies. Die vakbond het regstappe geneem, en meen die regulasies wat deur die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, bekend gemaak is, is ongrondwetlik en gebrekkig. Pieter […]
# Die Johannesburgse Aandelebeurs se Alle Aandele-indeks het vanoggend deur ‘n belangrike mylpaal van 100-duisend punte gebreek. Die indeks is vanjaar byna 20-persent hoër. Die uitvoerende hoof van die JSE-groep, Leila Fourie, sê die prestasie is nie slegs ‘n syfer-mylpaal nie, maar ‘n kragtige weerspieëling van die veerkragtigheid, innovering en operasionele uitnemendheid van maatskappye wat […]
# China sê hy sal poog om samewerking met die Verenigde State te versterk tydens volgende week se handelsgesprekke in Stockholm. Washington en Beijing het vroeër vanjaar weerwraakheffings op mekaar se uitvoere ingestel, wat handel tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë belemmer het met toenemende spanning. Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, sê […]
# Die EFF sê hy sal nie die Toedelingswetsontwerp ondersteun nie en hou by sy standpunt dat die begroting verwerp moet word. Omphile Maotwe van die EFF het in ‘n toespraak in die Nasionale Vergadering gesê die begroting is ontwerp om ‘n brose koalisieregering aan die gang te hou eerder as om die mense te […]
# Die uiters gewilde Pokémon-franchise gaan sy eerste permanente temapark in die lente van 2026 in die Japanse hoofstad, Tokio, open. Die Pokémon-maatskappy, ‘n filiaal van die Japannese spelreus Nintendo, het die aankondiging gedoen. Japan het die afgelope maande ‘n rekordgetal besoekers verwelkom, wat die vraag na toeriste-aantreklikhede verhoog het, insluitend ‘n “Making of Harry […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het weer sy vorige fiksheidsafrigter, Umberto Ferrara, aangestel wat hy verlede jaar afgedank het nadat hy positief getoets het vir die gebruik van ‘n opkikker. Sinner het sedert die onthulling van sy positiewe toetse vir die anaboliese steroïed clostebol volgehou hy is onskuldig en hy het die skuld vierkantig […]