# Solidariteit sê vlieëniers van FlySafair vra die publiek om hulle staking oor veiligheid en werksomstandighede te verstaan. In ‘n ope brief aan die publiek, beklemtoon die vlieëniers hulle optrede gaan oor regverdige behandeling en tyd om te rus gaan, en nie oor geld nie. Hulle waarsku dat ‘n nuwe geoutomatiseerde skeduleringstelsel sekere vlieëniers dwing […]
# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika het die SAWEM-skool bekendgestel, ‘n verpligte opleidingsprogram voor die opening van Suid-Afrika se Groothandel-elektrisiteitsmark in April 2026. Die kursus het vandag in Gauteng begin en sal drie dae per maand aangebied word. Teorie en praktiese simulasies word saamgevoeg om vervaardigers, handelaars en groot verbruikers voor te berei. Keith Bowen […]
# Die DA het tydskale aangevra om die afdanking- en skorsingsake in die staatsdiens op te los. Dit volg nadat die Departement van Landbou in Mpumalanga beveel is om twee amptenare weer aan te stel en om hulle 21-miljoen-rand in agterstallige salarisse te betaal. Die amptenare is in 2009 afgedank, maar die Arbeidshof het bevind […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die aanstelling van nuwe departementshoofde in Limpopo vir die Onderwys-, Landbou- en Maatskaplike Ontwikkelingsdepartemente verwelkom, wat op 1 Augustus 2025 in werking sal tree. Hierdie aanstellings word as noodsaaklik beskou om bestendigheid in leierskap te herstel en om bestuur in belangrike sektore te verbeter. Die vakbond verwag ‘n hernude […]
# Die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, het die logistieke sektor versoek om transformasie te dryf en gemarginaliseerde gemeenskappe op te hef. Hlengwa het tydens die Oorgrens Padvervoeragentskap se eerste konferensie van Mikro-, Klein- en Mediumondernemings in Gqeberha gesê daar is ‘n afname in vervoerondernemings in swart besit vanaf 48,6-persent in 2019 tot 38,8-persent in […]
# Die Kgalema Motlanthe-stigting bied ‘n seminaar in Sandton, Johannesburg aan, wat kyk na geo-politieke aangeleenthede soos die dreigende Amerikaanse tariefverhogings en onsekerheid aangaande die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se besluit sal na verwagting verskeie sektore raak, soos landbou en motorvervaardiging. Sprekers sluit in Suid-Afrika se spesiale […]
# Die Nasionale Mynwerkersunie sê die voortgesette waterkrisis in die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat plaas die gesondheid en veiligheid van mynwerkers en omliggende gemeenskappe in ernstige gevaar. Die vakbond sê werkers word gedwing om klein botteltjies water in die ou myne af te neem om dan vir langer as agt ure sonder voldoende […]
# Die GOOD-party sê voormalige president Thabo Mbeki moet rekenskap gee oor die staat se versuim om apartheidsera-misdade te vervolg soos aanbeveel deur die Waarheids-en-Versoeningskommissie. Dit volg ná Mbeki se poging om by ‘n hofsaak aan te sluit wat slagoffers se families teen die regering aanhangig gemaak het. GOOD se sekretaris-generaal Brett Herron sê as […]
# Rugby: Die hoofafrigter van die Britse en Ierse Leeus, Andy Farrell, sê hulle wil skoonskip maak in die toetsreeks teen die Wallabies nadat hulle reeds hulle eerste reeksoorwinning sedert 2013 beklink het. Hy sê hulle plan sal nie verander nie al het hulle reeds ‘n onaanvegbare voorsprong danksy Saterdag se oorwinning in die tweede […]