# Boks: Die promotor Bob Arum glo nie Tyson Fury sal weer ‘n ommekeer maak nie. Die 36-jarige Britse swaargewig het in Januarie onverwags uitgetree nadat hy weereens ‘n wêreldtitel-geveg teen die Oekraïner Oleksandr Usyk verloor het. Fury het al meer as een keer tevore uitgetree, maar Arum glo nie dat hy meer bereid is […]
# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA het bevestig begunstigdes kan voortgaan om hul gouekaarte te gebruik totdat almal hul swartkaarte het. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die Posbank opdrag gegee het om te verseker daar is nie onderbrekings in die betaling van toelaes tydens die oorgangsproses nie. Andile Tshona van SASSA moedig begunstigdes aan om […]
# Die African Transformation Movement veroordeel die onlangse skietery op die Walter Sisulu Universiteit se Mthatha-kampus, waar vier studente geskiet en een dood is. ‘n Personeellid is na bewering verantwoordelik vir die geweld. Die ATM se nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, vra die Departement van Hoër Onderwys om dringend in te gryp en sê ‘n taakspan […]
# Die Internasionale Lugvervoervereniging het die belangrike rol wat lugvrag in wêreldhandel, e-handel en humanitêre hulp speel beklemtoon. Die vereniging se hoof, Brendan Sullivan, het tydens die World Cargo-simposium in Dubai gepraat en gewaarsku handelspanning bedreig ekonomiese groei en verbruikerstoegang. Sullivan het die vereniging se toewyding tot volhoubaarheid onderstreep, deur volhoubare stralerbrandstowwe en die uitskakeling […]
# Namibiese kusgemeenskappe word aangeraai om nie uitgespoelde vis te eet nie. Groot hoeveelhede seelewe het na bewering uitgespoel weens die skielike invloei van rivierwater na die see. Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia het gewaarsku dat verskeie faktore, insluitende skielike veranderings in sout- en suurstofvlakke, moontlik ’n rol speel. Hy waarsku dat die eet […]
# Die DA in Ekurhuleni veroordeel die Stad se 449-miljoen-rand begroting vir padherstelwerk en noem dit uiters onvoldoende teen ‘n agterstand van 65-miljard-rand in padinfrastruktuur. Die DA-lid, Michael Waters, sê motoriste verkeer daagliks in gevaar wanneer hulle op paaie ry wat in ‘n swak toestand is. Daar word beweer dat ‘n 2019-evaluering aan die lig […]
# Motorsport: Saoedi-Arabië glo dat die eienaarskap van ’n Formule Een-span die volgende stap kan wees ná die aanbied van ’n Grand Prix en om die sport te borg. Die voorsitter van Saoedi-Arabië se Motor- en Motorfietsfederasie, prins Khalid Al-Faisal, het voor die komende naweek se wedren in Jedda gesê dat daar beslis belangstelling is. […]
# Die Chinese president, Xi Jinping, het Viëtnam aangemoedig om kragte saam te snoer en vrye handel te handhaaf. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër gesê Xi se besoek is daarop gemik om Amerika te benadeel. Xi besoek Viëtnam as deel van sy Suidoos-Asiese toer wat Maleisië en Kambodja insluit. Beijing probeer ‘n bestendige […]
# Die Maledive het Israeli’s verbied om die luukse toeriste-eilandgroep te besoek uit solidariteit met die Palestyne. President Mohamed Muizzu het die wetgewing bekragtig kort nadat dit vandag deur die Parlement goedgekeur is en die verbod tree onmiddellik in werking. Die klein Islamitiese republiek van een-duisend-192 strategies-geleë koraaleilandjies, is bekend vir sy afgeleë wit sandstrande, […]