# Die veroordeelde Australiese moordenaar Erin Patterson het amptelik appelleer teen haar skuldigbevinding. Die 51-jarige is in September gevonnis tot lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool vir 33-jaar. Dit volg op die moord op drie familielede en poging tot moord op nog ‘n persoon nadat sy hulle in 2023 giftige sampioene voorgesit het in haar huis in die staat Victoria. Die gronde vir haar appèlaansoek is nie bekend nie. Patterson het tydens haar verhoor deurgaans volgehou sy is onskuldig en alles was net ‘n verskriklike ongeluk.
Australiese sampioen-moordenaar Erin Patterson appelleer teen haar skuldigbevinding