Skip to content

Australiese LP Helen Haines ontslaan ná verlede maand se motoraanval

# Die Australiese parlementslid Helen Haines is uit die hospitaal ontslaan, byna ‘n maand nadat ‘n motor haar voor haar kantoor in Wangaratta getref het. Die 65-jarige het albei haar bene verloor en begin nou met haar rehabilitasie. Die 43-jarige Brendan Nugent word aangekla van onder meer roekelose bestuur wat tot ernstige beserings gelei het, die opsetlike veroorsaking van ernstige beserings en dat hy ‘n openbare amptenaar leed aangedoen het. Haines sê sy is dankbaar vir die ondersteuning wat sy van mense reg oor die wêreld ontvang het.