# ‘n Australiese dokter wat alarm gemaak het oor Erin Patterson, is deur die Australiese agentskap vir gesondheidspraktisyns gestraf oor neerhalende opmerkings oor die drievoudige moordenaar. Chris Webster was ‘n sleutelgetuie in Patterson se verhoor, waartydens ‘n jurie haar skuldig bevind het aan die moord in 2023 op drie familielede en ‘die ‘n poging tot moord op ‘n ander nadat sy ‘n dodelike sampioengereg voorgesit het. Webster het ná die uitsprake aan die Herald Sun gesê Patterson is ‘n “versteurde sosiopatiese malkop”. Patterson is vroeër hierdie maand tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Australiese dokter gestraf omdat hy sampioenmoordenaar ‘versteurde sosiopaat’ noem