Skip to content

AU-waarnemers sê Tanzaniese verkiesing het demokratiese waardes geskend

# Waarnemers van die Afrika-Unie sê Tanzanië se algemene verkiesing het nie aan demokratiese standaarde voldoen nie. President Samia Suluhu Hassan se wegholoorwinning op 29 Oktober het tot noodlottige betogings gelei. Die opposisie het die regering van bedrog beskuldig en daar was opstande omdat haar hoof-teenstanders nie aan die verkiesing kon deelneem nie. Die AU-sending sê hul voorlopige gevolgtrekking is dat die verkiesing nie aan die beginsels, raamwerke en ander internasionale vereistes en standaarde van demokratiese verkiesings voldoen het nie.