# Die African Transformation Movement sê hy gaan dokumente indien wat president Cyril Ramaphosa se aansoek in die Wes-Kaapse Hooggeregshof teenstaan. Die president het vroeër die maand ʼn aansoek ingedien dat die hof die Artikel 89-paneel se verslag hersien en tersyde stel, en enige aksies van die Nasionale Vergadering in verband daarmee, ongeldig verklaar. Die Konstitusionele Hof het weg gebaan vir ʼn ampsklag-ondersoek na Ramaphosa se optrede in verband met die diefstal van kontant op sy plaas, Phala Phala. ATM se leier, Vuyo Zungula, het herhaal dat Ramaphosa se hofaansoek grondwetlike aanspreeklikheid wil belemmer.
ATM gaan Ramaphosa se hofhersiening van die Phala Phala-verslag teenstaan