Skip to content

ATM eis ondersoek deur openbare beskermer ná Mkhwanazi se uitlatings oor polisie-inmenging

# The African Transformation Movement het aan die openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, geskryf en ‘n volledige ondersoek aangevra oor beweerde politieke inmenging deur die minister van Polisie, Senzo Mchunu. Die leier van die ATM, Vuyo Zungula, sê onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi het wangedrag, misbruik van gesag, en die onwettige ontbinding van ‘n belangrike politieke moordtaakspan ontbloot. ATM noem dit een van die ernstigste bedreigings vir geregtigheid en polisiëring in demokratiese Suid-Afrika.