# Atletiek: Die Wêreldatletiek-raad het nuwe regulasies goedgekeur wat deelname aan die vroue-kategorie in wêreldkompetisies betref. Atlete wat van September af in die vrouekategorie wil deelneem, moet ʼn eenmalige toets vir die SRY-geen ondergaan wat ʼn betroubare aanwyser van biologiese geslag is. Die nuwe regulasies sal die eerste keer toegepas word by die Wêreld-atletiekkampioenskap in Tokio. Wêreld-atletiek se president, Sebastian Coe, sê hulle sal die integriteit van vrouesport beskerm en bevorder.
Atletiek: Wêreldatletiek stel gene-toets in vir deelname aan vrouekategorieë