# Atletiek: Die Wêreld-binnenshuise Toer spog volgende jaar met ‘n rekordkalender van 77 byeenkomste in 24 lande. Die toer word op vier vlakke aangebied: Goud, wat die hoogste prysgeld aanbied, Silwer, Brons en Uitdager. Daar sal agt Goudvlak-byeenkomste wees, met die eerste een op 24 Januarie in Boston, Amerika, en die laaste een op 22 Februarie in Pole. Die atleet met die meeste punte sal ‘n loslootjie kry vir Wêreld-atletiek se binnenshuise kampioenskap in Pole.
Atletiek: Wêreld-binnenshuise Toer brei uit in 2026