# Padwedlope: Die wêreldrekordhouer in die marathon vir vroue, Ruth Chepngetich van Kenia, is vir drie jaar geskors nadat sy erken het sy het ‘n verbode middel gebruik. Die 31-jarige is in Julie voorlopig geskors toe die Atletiek-integriteitseenheid ‘n ontwateringsmiddel in haar uriene gevind het in ‘n monster wat in Maart geneem is. Die eenheid ondersoek nou verdagte materiaal wat op haar selfoon gevind is om te sien of ander oortredings begaan is.
Padwedlope: Vroue-marathonrekordhouer Chepngetich van Kenia vir drie jaar geskors