# Atletiek: Die gesiene afrigter en sportadministrateur Jean Verster sal tot ‘n raadsvergadering die 28ste van dié maand Atletiek Suid-Afrika se waarnemende president wees. Dit volg op James Moloi se afdanking ná ‘n onafhanklike dissiplinêre ondersoek na bewerings van ernstige finansiële wangedrag en die misbruik van A-S-A se kredietkaart. Suid-Afrika se aangewese verteenwoordiger by Wêreldatletiek, Zakhele Dlamini, het die raad opdrag gegee om ‘n waarnemende president aan te stel. Dis deel van voortgesette pogings om bestuursprobleme in die organisasie aan te pak en te voldoen aan Wêreldatletiek se bestuursvoorskrifte.
Atletiek: Verster is tot 28 November waarnemende president van Atletiek Suid-Afrika