# Atletiek: Die eerste Baan-en-veld-atletiekreeks wat vandag en môre by die Universiteit van Johannesburg aangebied word, gaan waarskynlik ‘n skouspelagtige afsluiting wees vir die nasionale eindrondes. Die stigter en voormalige Olimpiese naelloper, Matthew Quinn, sê die reeks het ongelooflike talent in die land na vore gebring. Meer as vier-duisend-100 atlete van 240 skole het aan die kompetisie by nege provinsiale byeenkomste die laaste twee maande deelgeneem. Meer as 500 atlete van 17 verskillende skole neem aan die eindrondes deel.
Atletiek: Top hoërskoolatlete maak reg vir die nasionale eindrondes