# Atletiek: Oblique Seville van Jamaika het goud verower in die mans-100-meter op die Diamantliga-byeenkoms in Lausanne, Switserland, in ‘n indrukwekkende 9,87-sekondes. Die Olimpiese kampioen, die Amerikaner Noah Lyles, was tweede en die Jamaikaan Ackeem Blake en Akani Simbine van Suid-Afrika onderskeidelik derde en vierde. Keely Hodgkinson van Engeland het die vroue-800-meter in ‘n byeenkomsrekord van een-minuut-55,69-sekondes gewen, terwyl die Suid-Afrikaner Prudence Sekgodiso sesde was. Die Amerikaner Josh Hoey het die mans-800-meter in een-minuut-42,82-sekondes gewen, voor Kenia se Olimpiese kampioen, Emmanuel Wanyonyi, en Mohamed Attaoui van Spanje.
Atletiek: Teleurstelling vir Simbine en Sekgodiso op Diamantliga-byeenkoms in Lausanne