Skip to content

Atletiek: Suid-Afrikaners Marione Fourie en Benjamin Richardson beïndruk op byeenkoms in Nederland

# Atletiek: Die Suid-Afrikaner Marione Fourie het tweede geëindig na die plaaslike atleet Nadine Visser in die 100-meter hekkies vir vroue op Wêreldatletiek se Continental Tour Gold-byeenkoms in Hengelo, Nederland. Pia Skrzyszowska van Pole was derde. In die 100-meter vir mans is die Nederlander Elvis Afrifa eerste oor die wenstreep, met die Suid-Afrikaner Benjamin Richardson tweede en Henrik Larsson van Swede derde. Uganda se gouemedaljewenner op die Olimpiese Spele in Tokio, Peruth Chemutai, het gemaklik gewen in die drie-duisend-meter hinderniswedloop vir vroue.