# Atletiek: Die sestienjarige gewigstoter Jaco van Dyk het Suid-Afrika se eerste medalje ingepalm op die Onder-20-Wêreldatletiek-kampioenskap in Oregon, Amerika. Hy het brons gewen in ‘n nuwe persoonlike beste prestasie met ‘n reuse-gooi van 19.80-meter. Marko Ferreira het brons verower in ‘n tyd van 10,16-sekondes in die mans-100-meter. Kryn Romijn en Leendert Koekemoer het gekwalifiseer vir die mans-400-meter-eindronde. Werner Gouws en Emil Els is deur na die halfeindronde van die mans-800 meter en Jan-Hendrik Heymans het gekwalifiseer vir die eindronde van die spiesgooi vir mans.
Atletiek: Span SA verower eerste twee bronsmedaljes op Onder-20-kampioenskap