Skip to content

Atletiek: Span SA spog met agt medaljes op Onder 20-kampioenskap

# Atletiek: Suid-Afrika is ná Wêreld-atletiek se Onder 20-kampioenskapsbyeenkoms in Eugene, Oregon, tiende op die algehele punteleer met agt medaljes: een goud, drie silwer en vier brons. Dis die land se grootste medalje-oes by die kampioenskap sedert die nasionale span in 2021 in Nairobi nege opgeraap het. Van die uitstaande prestasies is dié van Jan-Hendrik Heymans wat goud in spiesgooi gewen het, Tumi Ramokgopa wat silwer gebuit het in die vroue se 100- en 400-meter hekkies, en die mans se vier-maal-400-meter aflos waar hulle spog met silwer én ʼn nuwe Afrika-rekord.