Skip to content

Atletiek: Simbine en Lyles pak mekaar vandag in die Diamantliga-byeenkoms in Londen

# Atletiek: Akani Simbine van Suid-Afrika sal sy voorbereiding vir die Wêreldatletiekkampioenskap in September voortsit wanneer hy vandag in Londen aan ‘n sterbelaaide 100-meter deelneem op die Diamantliga-byeenkoms. Die Olimpiese kampioen, Noah Lyles, het beloof hy is gereed om sy glans-persoonlikheid na die uitverkoopte stadion te bring. ‘n Skare van 60-duisend toeskouers word verwag op die tuisveld van die Premierligaklub West Ham, wat die baan- en veldnommers aangebied het tydens 2012 se Olimpiese Spele. Zakithi Nene van Suid-Afrika gaan aan die mans-400-meter deelneem.