Skip to content

Atletiek: ’n Sterk Suid-Afrikaanse span gaan aan Afrika-atletiek se baan- en veldkampioenskappe deelneem

# Atletiek: ʼn Suid-Afrikaanse span van 34 atlete neem volgende week deel aan die Afrika-atletiek Senior Veld- en Baan-kampioenskappe in Accra, Ghana. Dit sluit in die 100-meter-naelloper Bradley Nkoana, 800-meter-naelloper Prudence Sekgodiso, die hekkiesatlete Rogail Joseph en Marione Fourie, verspringers Luvo Manyonga en Danielle Nolte, en spiesgooier Jana van Schalkwyk. Tien van die atlete het voorheen medaljes by die vasteland-kampioenskappe gewen. Atletiek Suid-Afrika se waarnemende president, John Mathane, sê die span is ʼn goeie balans tussen ervaring en nuwe, ambisieuse atlete, maar almal wil op die podium staan.