# Atletiek: Kenia se driemalige Olimpiese kampioen in die een-duisend-500-meter, Faith Kipyegon, gaan vanaand in Parys, Frankryk, probeer om die eerste vrou te word wat die myl in onder vier-minute hardloop. Nike se “Breaking4”-projek volg op die sukses van Kipyegon se landgenoot, Eliud Kipchoge, se nie-amptelike marathon van onder twee-uur. Nike glo haar gevorderde hardloopskoene, wat net 85-gram weeg, sal haar ‘n baie goeie kans gee. Kipyegon, wat deur pasaangeërs gehelp sal word, moet haar eie wêreldrekord oor die afstand in 2023 met meer as sewe sekondes verbeter.
Atletiek: Kenia se Olimpiese kampioen probeer vanaand die eerste vrou word om die myl onder vier-minute te hardloop