Skip to content

Atletiek: Jo-Ané du Plessis dring deur na eindronde, Dambile eindig agtste in 200m

# Atletiek: Sinesipho Dambile moes Vrydag met die agtste plek tevrede wees in ‘n blitsige 200-meter-eindronde by die wêreldkampioenskap in Tokio. Die Amerikaner Noah Lyles het gewen in 19,52-sekondes. Lyles het die oorwinning oor die laaste 10 meter beklink vir sy vierde agtereenvolgende wêreldkroon in die 200-meter. Hy is gevolg deur sy landgenoot Kenneth Bednarek en die Jamaikaan Bryan Levell, wat albei persoonlike beste tye behaal het. Die Olimpiese kampioen Letsile Tebogo van Botswana het vierde geëindig. Dambile, wat ‘n persoonlike beste van 19,97 in sy halfeindronde behaal het, het die wenstreep in 20,23-sekondes oorgesteek.

Die Olimpiese silwermedaljewenner Jo-Ané du Plessis het intussen gesukkel om haar ritme te vind in die kwalifiserende ronde van die vroue-spiesgooi, maar sy het genoeg gedoen om ‘n plek in vandag se eindronde te verseker. Die 27-jarige het ‘n beste van 61,38 meter gegooi – heelwat minder as die outomatiese kwalifiserende afstand van 62,50 – wat haar vyfde in haar groep en 10de algeheel laat eindig het.