# Atletiek: Jan-Hendrik Heymans het goud verower met ‘n massiewe persoonlike beste van 80,50 meter in die eindronde van die spiesgooi vir mans, by die 2026 Wêreldatletiek o.20-kampioenskap op die Mayfield-stadion in Oregon in die VSA. Ander Suid-Afrikaners het ook op die wêreldverhoog geskitter. Jaco van Dyk het ‘n bronsmedalje gewen in die gewigstoot vir mans met ‘n poging van 19,80 meter. Marko Ferreira het ook brons ingepalm in die mans 100 meter-naelloop en die wenstreep in 10,16 sekondes oorgesteek.
Atletiek: Jan-Hendrik Heymans wen eerste goud vir SA by Wêreld o.20 Kampioenskap