Skip to content

Atletiek: Groot name in Brussel vir voorlaaste Diamantliga-byeenkoms

# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse sterre Akani Simbine, Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso deel vanaand die baan die voorlaaste Diamantliga-byeenkoms in Brussel, België, met groot name soos die wêreldkampioen Sha’Carri Richardson van Amerika en die veteraan Jamaikaanse naelloper Shelly-Ann Fraser Pryce. Die Olimpiese atlete Simbine en Walaza sal deelneem aan die 100-meter en Sekgodiso aan die 800-meter waarin sy goud verower het op vanjaar se wêreld-binnenshuise kampioenskap. Die reeks eindig Woensdag met die laaste byeenkoms in Zürich, Switserland.