Skip to content

Atletiek: Duplantis verbeter sy paalspring-wêreldrekord tot ongelooflike 6,30-meter

# Atletiek: Die Sweeds-Amerikaanse paalspringatleet, Mondo Duplantis, het sy eie wêreldrekord vir ‘n 14de keer verbeter met ‘n ongelooflike sprong van 6,30-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Die 25-jarige het reeds die goue medlaje ingepalm toe die jong Griekse atleet, Emmanouil Karalis, op ses meter uitgeval het. Die luidrugtige skare het Duplantis daarna gehelp om met sy derde sprong die rekord van 6,29 meter te verbeter wat hy net ‘n paar weke gelede opgestel het. Kurtis Marschall van Australië het brons ingepalm met 5,95-meter.