Skip to content

Atletiek: Die finale Diamantliga-byeenkoms begin vandag in Zurich

# Atletiek: Die wêreld se beste atlete kom vandag in Zurich, Switserland, byeen vir die laaste Diamantliga-byeenkoms. Ses Suid-Afrikaners neem deel aan die tweedaagse geleentheid. Die naellopers Akani Simbine, Shaun Maswanganyi en Bayanda Walaza gaan aan die 100-meter deelneem. Die wêreld se binnenshuise kampioen, Prudence Sekgodiso, neem deel aan die 800-meter, Zenéy van der Walt aan die 400-meter-hekkies en die Olimpiese silwermedalje-wenner Jo-Ané van Dyk aan die spiesgooi. Die internasionale sterre sluit in die Amerikaanse naelloper Noah Lyles en die Sweeds-Amerikaanse wêreldrekordhouer in paalspring, Armand Duplantis.