# Atletiek: Wêreld Atletiek het die Diamantliga se eerste byeenkoms van die seisoen wat in Doha, Katar, sou plaasvind, is as gevolg van die konflik in die Midde-Ooste uitgestel. Die geleentheid wat op 8 Mei sou plaasvind, is tot 19 Junie uitgestel, indien toestande gunstig sou wees. Wêreld Atletiek sê die besluit is geneem weens kommer oor deelnemers en toeskouers se veiligheid. Vanjaar se Diamantliga-reeks begin nou op 16 Mei in Keqiao, China. Die reeks vind op 15 plekke plaas, insluitend Katar, China, Marokko, Italië, Swede, Pole en België.
Atletiek: Diamantliga se openingsgeleentheid in Doha weens Midde-Oosterse konflik uitgestel