Skip to content

Atletiek: Dambile van SA is deur na 200m-eindronde in Tokio terwyl Van Niekerk uitgeskakel word

# Atletiek: Sinesipho Dambile van Suid-Afrika het gekwalifiseer vir die 200-meter-eindronde op die wêreldkampioenskap in Tokio, Japan, deur derde te eindig in sy halfeind-uitdun. Sy landgenoot Wayde van Niekerk is egter uitgeskakel nadat hy slegs die 11de-vinnigste tyd opgestel het. Die Amerikaner Noah Lyles is ‘n ernstige aanspraakmaker op die titel nadat hy ‘n skittertyd van 19,51-sekondes opgestel het. Ander deelnemers is die Olimpiese kampioen, Letsile Tebogo van Botswana, en die Amerikaner Kenneth Bednarek.