# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, het erken daar gaan hitte-uitdagings wees tydens die wêreldkampioenskap wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Die land beleef sy warmste somer ooit, met gemiddelde temperature tussen Junie en Augustus wat 2,36-grade Celsius hoër as die normale vlakke is. Die temperatuur het gister tot 33-grade gestyg. Coe sê sportleiers bespreek die toekomstige risiko’s van aardverwarming, maar sê Wêreldatletiek is beter toegerus om die uitdagings te hanteer as ander sportliggame.
Atletiek: Coe erken hitte-uitdagings op wêreldkampioenskap in Tokio