# Atletiek: Die Suid-Afrikaner Caster Semenya het haar saak gewen in die Europese Hof vir Menseregte. Die hof het 2023 se uitspraak gehandhaaf teen die Hof vir Arbitrasie in Sport wat teen die tweemalige Olimpiese 800-meter-kampioen beslis het. Daar is bevind die uitspraak het teen haar gediskrimineer nadat Semenya verbied is om deel te neem weens Wêreldatletiek se reëls oor testosteroon-vlakke. Die reëls is in 2018 ingestel en verbied deelname van atlete met verskille in geslagsontwikkeling. Kenners sê die uitspraak kan geslagsbeleid in sport hervorm en is ‘n reuse-oorwinning vir menseregte.
Atletiek: Caster Semenya wen geskiedkundige saak in Europese Hof vir Menseregte