Skip to content

Atletiek: Bayanda Walaza onttrek weens ’n besering aan die Wêreldkampioenskap

# Atletiek: Suid-Afrika se naelloopsensasie, Bayanda Walaza, moes aan die Wêreld-atletiekkampioenskap onttrek wat die naweek in Tokio, Japan, begin. Die 19-jarige atleet het verlede maand sy been beseer op die laaste Diamantliga-byeenkoms in Zürich, Switserland. Atletiek Suid-Afrika sê die besluit om Walaza te onttrek is in die beste belang van die atleet en die nasionale span se integriteit. Hy sal in die 100-meter vervang word deur Retshidisitswe Mlenga. Walaza sou ook aan die vier-maal-100-meter-aflos deelneem.