# Atletiek: Die baan van die Olimpiese stadion in Rio de Janeiro, Brasilië, waar 2016 se Spele aangebied het, is nie beskadig in gister se brand nie. Tientalle brandbestryders het reageer op die brand in die stadion wat die Olimpiese Museum huisves wat uitstallings en gedenkwaardhede van die Spele bevat. Geen beserings is aangemeld nie, en die brand het nie na ander dele van die kompleks versprei nie. Die stadion se dak het in 2017 ook twee keer aan die brand geslaan, en albei voorvalle is deur vallende luglanterns veroorsaak.
Atletiek: Baan van Rio se Olimpiese stadion spring brandskade vry