Skip to content

Atletiek: Amerikaanse tiener klop Olimpiese kampioen in Oslo

# Atletiek: Die Amerikaanse tiener Cooper Lutkenhaus word beskou as ‘n ster van die toekoms nadat hy die Olimpiese kampioen, Emmanuel Wanyonyi, in die 800-meter op die Diamantliga-byeenkoms in Oslo, Noorweë verslaan het. Die 17-jarige het in ‘n persoonlike beste tyd van een-minuut-42,08-sekondes gewen al het die Keniaan ook sy beste tyd van die seisoen aangeteken. Lutkenhaus het vroeër ook goud in die item verower op die Wêreld-binnenshuise kampioenskap, die Diamantliga-byeenkoms in Stockholm, Swede, en nog drie byeenkomste.