Skip to content

Atletiek: Amerikaanse naelloper Knighton vier jaar geskors vir opkikkergebruik

# Atletiek: Die silwermedaljewenner in die 200-meter op 2023 se wêreldkampioenskap, die Amerikaner Erriyon Knighton, is vir vier-jaar geskors vir opkikkergebruik. Die 21-jarige is in Mei verlede jaar aangekla nadat hy buite kompetisie positief getoets het vir ‘n verbode anaboliese steroïed. Die Amerikaanse Agentskap teen Opkikkergebruik wou hom straf, maar ‘n arbitrasie-tribunaal het bevind dat hy geen skuld dra of nalatig was nie. Die Hof vir Arbitrasie in Sport het nou Wêreldatletiek en die Wêreldagentskap teen die Gebruik van Verbode Middels se appèlaansoek gehandhaaf.