Skip to content

Atletiek: Akani Simbine fiks vir wêreldaflos-byeenkoms in Botswana

# Atletiek: Akani Simbine van Suid-Afrika is fiks vir die naweek se aflos-byeenkoms van Wêreldatletiek in Gaborone, Botswana. Die 32-jarige het Dinsdag probleme ondervind tydens die mans-100-meter op die eerste Simbine Classic in Pretoria. Hy het later bevestig dit was net erge krampe en nie ‘n ernstige besering nie. Suid-Afrika het op verlede jaar se aflosbyeenkoms in China goud gewen in die mans-vier-maal-100-meter en vier-maal-400-meter, en brons in die vroue-vier-maal-400-meter.