Skip to content

Atletiek: Akani Simbine en Jo-Ané du Plessis skitter op Diamantliga-byeenkoms in Switserland

# Atletiek: Die Suid-Afrikaner Akani Simbine het binne 9,98-sekondes oor die wenstreep genael in die mans-100-meter op die Diamantliga-byeenkoms in Zürich, Switserland. Sy landgenoot, Bayanda Walaza, het sy been beseer. Christian Coleman van Amerika het gewen en Ackeem Blake van Jamaika was derde. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Jo-Ané du Plessis, was derde in die vroue-spiesgooi wat die Griek, Elina Tzengko, gewen het, met Adriana Vilagos van Serwië tweede. Die wêreld se binnenshuise kampioen, Prudence Sekgodiso, het sesde gekom in die vroue-800-meter.